Appelkoos Hawermout Blokkies

330ml (160g) Koekmeel
125ml (100g) Sagte Bruinsuiker
135ml (115g) Strooisuiker
1ml Sout
5ml Bakpoeier
180g Ongesoute Botter, Koud En In Blokkies Gesny
400ml (130g) Hawermout
250ml (80g) Klapper
750ml (450g) Droë Appelkose, Gesnipper
80ml Appelkooskonfyt

Voorverhit die oond 180°c.
Smeer ‘n bakplaat of koekpan van sowat 33 x 23cm en
voer die bodem met gesmeerde bakpapier uit.
Gooi die koekmeel, bruinsuiker, strooisuiker, sout,
bakpoeier en botterblokkies in ‘n bak en meng met
voedselverwerker totdat dit soos droë broodkrummels lyk.
Meng die hawermout en klapper by en skep dan ‘n koppie
van krummelmengsel uit en hou dit eenkant.
Druk die oorblywende mengsel in die voorbereide bakplaat vas
sodat dit die bodem bedek.
Gooi die appelkose en 125ml water in ‘n kastrol en verhit
dit oor lae hitte tot kookpunt.
Prut tot die vloeistof verdamp het en die appelkose sag is.
Wag tot die mengsel heeltemal koud is en skep oor die
deeglaag.
Stip die konfyt oor die appelkose en strooi die ander
krummelmengsel oor.
Bak vir 30 minute of tot goubruin, sny in skywe sodra
afgekoel het.