Bruintjies

220 G Suiker
150 G Bruismeel
3 Eiers
50 G Okkerneute, Gekap
35 G Kakao
Knippie Sout
170 G Sagte Botter (Nie Gesmelt)

Gooi al die bestanddele in 'n bak, meng goed met 'n houtlepel, gooi in
gesmeerde bakplaat en bak 22 minute in voorverhitte oond by 190º.
Moenie droog bak nie, dit moet nog so effens klam wees in die middel.
Sny in blokkies wanneer koud. Kan net so geëet word, of bedien met
styfgeklopte room.