Yskaskoekies

2 Pk. Tennisbeskuitjies.
1 X 250 G. Margarien ( Gesmelt)
1 Blik Gekookte Kondensmelk.
1 Pk. Versiersuiker.
1 Dl. Koffie - Ekstrak.
1 Dl. Vanielje.
Okkerneute.

Meng alles saam behalwe beskuitjies & okkerneute. Breek beskuitjies
in. Druk vas in gesmeerde bak. Strooi gekapte okkerneute oor en
plaas in yskas. Wanneer gestol, sny in blokkies. Die koekies kan lank
gebêre word.