125g
Botter
250ml
(200g) Bruinsuiker
15ml
Gouestroop
5ml
Koeksoda
250ml
(80g) Hawermout
250ml
(120g) Koekmeel
250ml
(80g) Klapper
Voorverhit
die oond 180°c.
Smeer
‘n reghoekige pan van sowat 24 x 34cm.
Gooi
die botter, bruinsuiker en stroop in ‘n kastrol en
verhit
dit oor lae hitte totdat die botter gesmelt het.
Gooi
die koeksoda by en roer tot gemeng.
Meng
die hawermout, koekmeel en klapper in ‘n mengbak
en
gooi dan die warm bestanddele by.
Roer
tot gemeng en skep dit in die voorbereide pan.
Druk
die mengsel met die agterkant van ‘n lepel gelyk en
bak
dit vir 15-20 minute of tot goudbruin.
Haal
die crunchies uit die oond en sny dit in blokkies
terwyl
dit nog warm is.
Laat dit in die pan
afkoel voordat jy dit uitkeer.