Brownies

100ml (100g) Botter
100g Donkersjokolade In Blokkies Gebreek
375ml (300g) Suiker
‘N Knippie Sout
5ml Vanieljegeursel
3 Eiers
250ml (120g) Koekmeel
30ml Kakao
100g Pekanneute Gekap
Versiersel
250ml Room
100g Donkersjokolade

Voorverhit die oond.
Smeer ‘n vierkantige koekpan van 22 x 22cm en voer die
bodem met gesmeerde bakpapier uit.
Gooi die botter en sjokolade in ‘n kastrolletjie en roer dit
oor lae hitte totdat dit gesmelt het.
Roer dan die suiker en sout by die gesmelte
sjokolademengsel en gooi die vanieljegeursel by.
Gooi die eiers een-een by en roer deeglik na elkeen om
seker te maak dis behoorlik ingemeng.
Haal die kastrol van die plaat af en gebruik dan ‘n
handklitser om die sjokolademengsel te klits tot romerig.
Sif die koekmeel en kakao saam in ‘n groot mengbak.
Gooi die gekapte pekanneute by.
Gooi die sjokolademengsel by die droë bestanddele en vou
dit in met ‘n grootmaatlepel.
Gooi die beslag in die voorbereide koekpan eb bak vir 30-
35 minute.
Haal die gebak uit die oond en laat eenkant staan totdat
dit afgekoel het.

Versiersel: gooi die room in ‘n kastrolletjie en verhit
tot kookpunt.
Verlaag die hitte en laat dit met ‘n derde indamp.
Verwyder die room van die plaat en roer die
sjokoladeblokkies by.
Laat die mengsel staan totdat dit smeerbaar is.
Keer brownies uit die koekpan en smeer die versiersuiker oor voordat
jy dit in blokkies sny.