Sjokoladebruintjies

125 Ml Sagte Botter
150 G Donker Sjokolade, Gekap
3 Groot Eiers, Teen Kamertemperatuur
250 Ml Ligte Bruinsuiker
125 Ml Strooisuiker
5 Ml Vanieljegeursel
250 Ml Koekmeel
250 Ml Gekapte Makadamianeute (Opsioneel)

Voorverhit die oond tot 180 °c en smeer 'n pan van 20 cm met botter.
Voer uit met bakpapier en smeer weer. Verhit die botter en sjokolade
Saam oor lae hitte tot glad. Klits die eiers en suiker goed saam. Voeg
die warm sjokolademengsel in 'n dun straaltjie by die eiermengsel
terwyl geklits word. Voeg die vanieljegeursel by. Sif die meel bo-oor
en vou in saam met die neute (as jy dit bysit). Giet in die pan en bak
vir ongeveer 30 minute tot daar nog klam krummels aan 'n toetspen
vassit as jy dit in die middel van die bruintjies steek. Laat in die pan
afkoel en sny in blokkies. Bêre in 'n lugdigte houer teen
kamertemperatuur.
Lewer ongeveer 25 bruintjies.