Suurlemoenblokkies 2

250g Botter
165ml (85g) Versiersuiker
625ml (300g) Koekmeel
Bolaag
2-3 Lemoene
4 Eiers
475ml (400g) Strooisuiker
5ml Bakpoeier

Smeer ‘n diep koekpan (23 x 23 x 4cm)met botter en voer
die bodem met gesmeerde bakpapier uit.
Klits die botter en versiersuiker tot lig en romerig.
Gooi 500ml van die koekmeel by die geroomde mengsel en
klits of knie dit met jou hande totdat dit ‘n deegbol vorm
en met die hande bymekaar gedruk kan word.
Druk die deeg op die bodem van die voorbereide koekpan
vas en sit dan vir sowat 15 minute in die yskas.
Voorverhit die oond 180’c.
Sit die koekpan in die oond en bak die kors vir sowat 15
minute.
Haal die kors uit die oond en sit dit eenkant om af te
koel terwyl jy die bolaag maak.
Rasper die skil (net die geel nie die wit nie) van die
suurlemoene met ‘n fyn rasper.
Druk die suurlemoene se sap uit-sowat 90ml sap.
Klits die eiers en strooisuiker in ‘n mengbak tot goed
gemeng.
Gooi die orige koekmeel, bakpoeier en suurlemoenskil en
sap by en klits tot gemeng.
Giet die mengsel versigtig op die gebakte kors en sit dit
terug in die oond vir sowat 30 minute of totdat die
bolaag gestol en mooi goudbruin is.
Laat dit in die koekpan afkoel en sny dit dan in blokkies.