(Sien
ook die resep vir die Oondpan Koek)
Sny
'n halwe plaatkoek in skyfies en besprinkel met sjerrie. Klop 500
ml
koue, vars room met 125 ml strooisuiker styf. Skep of spuit 'n lagie
room
op van die koekskyfies en rangskik vars vrugte, soos aarbeie of
nektarienskyfies,
bo-op. Sit nog 'n koekskyfie op en herhaal die room
en
vrugte. Sif versiersuiker oor en sit voor. Vir 'n meer formele
nagereg
kan jy
koeksirkels gebruik en dit op die bord afrond met
vrugtepuree
en ekstra vars vrugte.