Konfytblokkies

Enige Konfyt Waarvan Jy Hou.
200g Botter
80ml Versiersuiker
60ml Vlapoeier
500ml Koekmeelblom
60ml Mielieblom
500ml Konfyt Van Jou Keuse

Verroom die botter en versiersuiker goed saam. Sif die vlapoeier, meel
en mielie-blom oor en meng goed tot 'n deeg. Verkoel vir 30 minute.
Deel die deeg in twee en sit die een helfte terug in die yskas.
Voorverhit die oond tot 200 °c en smeer 'n reghoekige koekpan van
ongeveer 20 cm x 25 cm. Druk die een helfte van die deeg op die
bodem van die pan vas. Smeer die konfyt oor en rasper dan die koue
deeg bo-oor. Bak vir ongeveer 20 minute tot gaar. Laat afkoel en sny
in blokkies. Lewer 25 blokkies.