Lamingtons

(Sien ook die resep vir die Oondpan Koek)

Sny die plaatkoek in die helfte en sny dan in blokkies. Hou die ander
helfte eenkant vir iets anders of vries vir latere gebruik. Sif 750 ml
versiersuiker en 180 ml kakao saam. Meng 80 ml kookwater en 80 ml
botter. Roer tot die botter gesmelt is.
Gooi 500 ml fyn klapper in 'n vlak bak of bord uit en hou 'n draadrak
gereed. Doop ál die kante van die koekblokkies vinnig in die
sjokoladesous en rol dadelik in die klapper. Pak op 'n draadrak tot
stewig en bêre in 'n lugdigte houer.