Partytjie Koekies

(Sien ook die resep vir die Oondpan Koek)

Sny 'n halwe plaatkoek in klein blokkies en pak op 'n draadrak wat
bo-op 'n skinkbord staan. Smelt 20 ml strooisuiker en 50 ml sagte
botter in 'n kastrol oor lae hitte tot die suiker opgelos is. Roer 500 ml
gesifte versiersuiker en 30 ml kookwater by. Roer goed tot die
versiersel glad is. Voeg nog 'n paar druppels kookwater by indien
nodig. Kleur dit met voedselkleursel en skep oor die koekblokkies.
Laat staan tot die versiersel hard word en bêre in 'n lugdigte houer.