Ricotta Vrieskaskoek

(Sien ook die resep vir die Oondpan Koek)

Sny 1 plaatkoek in die breedte in drie ewe groot stukke. Klits 200 g
ongegeurde roomkaas, 200 g ricotta, 30 ml sagte botter en 80 ml
strooisuiker saam. Prut 250 ml luukse vrugtekoekmengsel in 125 ml
sjerrie tot sag en meeste van die vloeistof afgekook het. Laat afkoel.
Meng met 80 ml gekapte rooi glanskersies en 125 ml gekapte
geroosterde haselneute. Roer alles by die kaasmengsel in en meng
goed. Besprinkel elke koeklaag goed met sjerrie en smeer die helfte
van die mengsel op die onderste koeklaag tot in die hoeke. Sit die
tweede laag bo-op en smeer die res van die mengsel op. Sit die
laaste laag op, druk vas en draai in foelie toe. Vries tot nodig. Sny
die koek net so gevries in blokkies en sit nĂ¡ ete met koffie voor of
bedien as nagereg met sjokoladesous.